top of page

Video &  News

References

“Daar is net een word vir julle, PUIK. Baie baie dankie vir wat julle alles verlede naweek gedoen het, julle was absoluut puik gewees. Baie dankie vir julle vriendelikheid. Die saal het pragtig gelyk, die kos was onverbeterlik, die troukoek was presies waarna Elzane gesoek het en daarby baie smaaklik. Tot die fynproewers het gebieg oor die die lekker kos.”

 

Herman en Elsabe Badenhorst

“Vreeslik baie dankie uit die diepte van ons harte vir elkeen van julle wat soveel moeite gedoen het om ons spesiale dag perfek te maak. Ons waardeer julle harde werk en moeite met die troue regtig ongelooflik baie !!”

 

Peet en Christine

“Net weer om baie dankie te se vir al julle moeite die naweek. Die saal het pragtig gelyk en julle diens was puik!! Almal is gaande oor die kos en die venue. Wens ek het nog dogters gehad wat daar by julle kon trou. Julle het dit so maklik vir ons gemaak – ons kon maar net daar wees!! Nogmaals baie, baie dankie! Julle is voorwaar staatmakers.”

 

Elna Conradie

“Ons wil net weereens baie baie dankie se vir julle!!! Julle het uit julle pad gegaan om ons tegemoet te kom in alles wat ons van julle gevra het. Julle het altyd geglimlag. Blyplek uitstekend, kos uit die boonste rakke en soveel komplimente vir die kos van die aand met die troue!! Julle mag maar!!!”

 

Leon en Henda Jurrius

“Michael & Cecile’s wedding was superb and what a wonderful venue for such a special occasion. You can be sure that I will recommend your guesthouse to anyone who wants to stay in that area.”

 

Liz & Mike Bronn

references
bottom of page